Klipkouers

Informações:

Sinopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

Episodios

  • Ernest North

    24/10/2018 Duración: 01h04min

    Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer.

  • Hans Drommedaris

    17/10/2018 Duración: 53min

    Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein.

  • Ivan Herselman

    10/10/2018 Duración: 01h02min

    Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil.

  • Dr Dirk Koekemoer

    03/10/2018 Duración: 01h03min

    Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na sy storie.

  • BizSkills

    26/09/2018 Duración: 01h07min

    BizSkills fokus op bekostigbare deurlopende professionele ontwikkeling van opvoeders in Suid Afrika. Alle kursusse is geakkrediteer deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) en BizSkills ondersteun skole om jaarlikse CPD punte van opvoeders te bereik. Meer as 1,500 opvoeders het reeds baat gevind by die program. Kursusse sluit in skolebemarking, sosiale media, leierskap en bestuur, emosionele intelligensie, kommunikasie, tegnologie in die klaskamer, werk-lewe balans, konflikoplossing en vele meer. Eienaars Darryl Weir en Dr Reaan Immelman gesels meer hieroor.

  • Gideon Galloway

    19/09/2018 Duración: 01h34min

    Gideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou se storie inspireer.

  • Marinus Du Plooy

    12/09/2018 Duración: 01h19min

    Mufasa Biltong het 'n leeu-moed sweep slag. Dit is 'n biltong groep in Perth. Met 7 winkels en 'n fabriek het hierdie familie besigheid vernuf getoon in 'n vreemde land. Marinus Du Plooy is saam met sy pa en die res van die familie in Perth, en deel met ons hul entrepreneur storie wat in 2009 begin het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Jak De Priester

    05/09/2018 Duración: 01h13min

    Jak De Priester, liedjieskrywer - entrepreneur - digter-blogger - televisiepersoonlikheid - sanger te veel koppeltekens. Saam met hierdie ou wil jy die lewe doen. Ons gesels oor die besigheid van vermaaklikheidskunstenaar en hoe so 'n tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Adrie Smith

    29/08/2018 Duración: 01h03min

    Adrie het 'n passie om klein en medium besighede in te lig rondom arbeidsake. Sy het 'n handleiding hieroor geskryf saam met Quintin Davies, met die titel Understanding SA Labour Law, en lig besighede landwyd in. Met 22 jaar se nasionale en internasionale ondervinding rondom arbeidsake kom vertel sy Klipkouers die moets en moenies oor Arbeidswetgewing, want soos sy "Dit is nie 'n kwessie van of jy 'n arbeids geskil op jou tafel gaan hê nie, dit is wanneer". Kom luister verder hoe ons hieroor gesels. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Vrouemaand Episode 4: Rianette Leibowitz

    22/08/2018 Duración: 01h10min

    SaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou op die Internet en sosiale netwerke. Rianette Leibowitz is ’n geakkrediteerde kommunikasie spesialis en kuberveiligheid aktivis wat daarop fokus om bewusmaking te skep en om lewens te red. Sy gebruik haar passie vir verhoudings om maatskappye en groepe te help om digitale spasie verantwoordelik te bestuur. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Vrouemaand Episode 3: Chrisna van Rensburg

    15/08/2018 Duración: 01h06min

    Chrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land in privaat besit. Sy roem haar op goeie dienslewering en uit haar 15 000 boeke kan jy boeke vind wat ons nie meer vandag in gewone handel kry nie. Haar liefde vir kinderliteratuur, en kunstenaars maak hierdie vrou 'n lopende ensiklopedie en haar storie is bindend. Kom luister hoe hierdie entrepreneur uit 'n stokperdjie 'n winsgewende bedryf kom maak het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Vrouemaand Episode 2: Mia Kruger

    08/08/2018 Duración: 01h01min

    Sy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as mentor in die CFA internasionale intervarsity kompetisie gedien. As professionêle beleggers bestuur hulle die bates van drie en ‘n half miljard rand. Kom luister hul storie van internasionale afdrukke. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Vrouemaand Episode 1: Chimae Goncalves

    01/08/2018 Duración: 01h13min

    Chimae het haar besigheid, Supply Chain Partner, binne drie jaar opgebou tot ‘n internasionale besigheid met kantore in Kanada en Ilse of Man. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Jacques Basson

    25/07/2018 Duración: 26min

    Hierdie week gaan ek die geleentheid gebruik om jou te vertel waarmee ek besig is, die finansiële deurbrake vir Klipkouers as potgooi, my tweede potgooi wat ek binnekort gaan loods (genaamd BOS) en twee haai stories! Lekker luister en onthou: Aanhouer Wen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Nelius Dannhauser

    18/07/2018 Duración: 01h02min

    Nelius is 'n handelsvlieënier wat Boeings vir Comair vlieg, maar sy dag tot dag funksie het verander. Hulle vlieëniers opleidings skool het besef dat hulle opleiding, veral om stresvolle en lewensgevaarlike situasies te hanteer , ook geleer en toegepas kan word in die korporatiewe wêreld. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. exah

  • Bouwer Bosch

    11/07/2018 Duración: 01h26min

    Bouwer is 'n sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur, entrepreneur en net 'n lekker ou. Ons delf bietjie dieper in veral die besigheid van film en hoe die tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. exah

  • Dr Jacques Faul

    04/07/2018 Duración: 43min

    Jacques is die CEO van Titans Cricket en in my opinie, die suksesvolste sport CEO in SA op die oomblik. Kom luister hoe die besigheid van krieket werk en hoe Jacques dink en doen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Jaco Gerrits

    27/06/2018 Duración: 01h12min

    Hierdie man is ver voor sy tyd en 'n massiewe aanwins vir entrepreneurskap in Suid-Afrika. Een van sy baie suksesvolle besighede is Crashdetech, wat gelei het daartoe dat hy aangewys was as Sosiale Entrepreneur 2016. Verder is hy ook 'n model en Ambassadeur vir Biogen...brains en 'n sixpack! Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. EXAH

  • Willim Welsyn

    20/06/2018 Duración: 01h28min

    Willim is ‘n mede Potgooi Pionier wat onlangs geskiedenis gemaak het toe sy potsending, WAT, ‘n ATKV- mediaveertjie gewen het. Dis die eerste keer ooit dat ‘n onafhanklike potsending die toekenning wen WAT histories net vir radio omroepers beskore was. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. exah

  • Deonne le Roux

    13/06/2018 Duración: 01h10min

    Deonne le Roux het die Old Mutual National Retail Revolution toekenning vanaf 2002 al agt keer gewen vir sy juwelierswinkel. Ons praat veral oor hoe belangrik kompetisie vir enige besigheid is en wat met sy besigheid gebeur het toe hy die meeste van sy kompetisie se deure toegemaak het. Fassinerende gesprek! exah

página 3 de 4