Klipkouers

Vrouemaand Episode 4: Rianette Leibowitz

Informações:

Sinopsis

SaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou op die Internet en sosiale netwerke. Rianette Leibowitz is ’n geakkrediteerde kommunikasie spesialis en kuberveiligheid aktivis wat daarop fokus om bewusmaking te skep en om lewens te red. Sy gebruik haar passie vir verhoudings om maatskappye en groepe te help om digitale spasie verantwoordelik te bestuur. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.