Klipkouers

Vrouemaand Episode 3: Chrisna van Rensburg

Informações:

Sinopsis

Chrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land in privaat besit. Sy roem haar op goeie dienslewering en uit haar 15 000 boeke kan jy boeke vind wat ons nie meer vandag in gewone handel kry nie. Haar liefde vir kinderliteratuur, en kunstenaars maak hierdie vrou 'n lopende ensiklopedie en haar storie is bindend. Kom luister hoe hierdie entrepreneur uit 'n stokperdjie 'n winsgewende bedryf kom maak het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.