Storm Perspektiewe

Episode 7 - Fokus

Informações:

Sinopsis

Magicians misbruik hoe die brein fokus om ons te verneuk. Hulle noem dit misdirection. Ons aandag is op een plek, dan doen hulle goed op ‘n ander plek wat ons nie verwag nie, dan verras hulle ons met iets onverwags wat ons nie sien kom het nie. Die lewe gooi mos sulke curve balls? Iemand naby aan ons gaan dood. Of ons verloor ons werk. En selfs kleiner goed soos ‘n kar wat breek of ‘n geyser wat bars kan erge ongerief veroorsaak. Soms is ons reaksie positief en staan ons in verwondering, ander kere is ons heeltemal van koers af gewetter. ‘n Situasie wat opduik en ons van balans af gooi, ervaar ons as ‘n storm wat ons kan vernietig. Nou probeer ons sulke situasies vermy. Ons sit measures in plek om te probeer keer dat slegte goed gebeur. Die antwoord is nie om sulke situasie te vermy nie. Die antwoord lê by ons fokus.... ons explore die konsep "fokus" om ‘n meer praktiese, bruikbare idee te kry waarmee ons kan werk, spesifiek met die doel om storms in ons lewe op te los. Enjoy!