So Loop Hy Maar, Die Lewe En So

Episode 57: So Loop Hy Maar - Francois van Coke en So ⚡️

Informações:

Sinopsis

Pietie probeer beskryf wat Fokofpolisiekar vir hom beteken het.  Steeds beteken... Dalk relate jy... Hierdie band, en die bands wat soos familielede van hulle voel, raam só baie oomblikke van betekenis. Pietie: Ek was 'n tiener-kind wat vraagtekens as uitroeptekens disguise het. Hoe minder ek sin gemaak het, hoe harder wou ek skree. Liewe genade. Deur die begeleiding van julle musiek - rou gees in note immortalize - het julle my al bygestaan deur transcendental euforie, sielswerende verliefdheid, geesverpletterende horries, kners-cringe skaamte, waansinnige skuld, angs, insecurity, selfsugtigheid, self-discovery, self-love, sterk-voel, laag-voel, hoog-voel, nugter-voel, dronk-voel, invisible voel, invincible voel, connected voel, verstaan-voel, verreik-voel, alleen voel, soos ál een voel.  Soos almal wíl voel. Alles gelyk voel.  Vir altyd voel. Musiek voel soms spiritueel: Asof dit jou verstaan. Gee nie om hoe uniquely weird of freakish of beautiful of horrible jy voel nie, jy voel aanvaar soos jy is.  Fokofp