So Loop Hy Maar, Die Lewe En So

Episode 42: So Loop Hy Maar, Hugo Ludik en So

Informações:

Sinopsis

  Hy't al in Nieu-Seeland rugby gespeel, vir Namibië in die World Cup krieket gespeel, hy was in die musiekgroep ADAM en nou's hy 'n musiekvervaardiger met 'n amazing studio, Muse Studios, in Johannesburg (waar ons hierdie episode opgeneem het - dalk nóg gaan opneem - en die klank is AMAZING!)   Hugo Ludik is die tipe ou wie almal op Hoërskool Windhoek en Huis Marais-koshuis op Stellenbosch probably gelove het. (En as hulle nie het nie, sal hulle heel moontlik nou: Die man se positiewe energie verwelkom jou, omhels jou en steek jou aan.)   Praat van aansteek, ons het die Corona-virus met onkundige respek benader, gepraat oor toe Hugo teen Kevin Pietersen krieket gespeel het en gesels oor die lesse wat die lewe aanhou uitdeel... Dít alles terwyl ons 2 keer live op sy Instagram was — hou aan luister wanneer ons twee, as 30-somethings, social-media op die lug ontsyfer — ons vind gou weer ons vloei...   Luister hierdie gerus in sarsies: Nou, vanmiddag, nóg 'n stuk voor jy gaan slaap, in die verkeer, saam met