Klipkouers Potgooi

Episode 148: Deon Meyer

Informações:

Sinopsis

Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is. Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai. In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, afkeuring en mislukking wat daarmee gepaardgaan, te verwerk. Nie eens vlymskerp kritiek, soos ‘Hierdie ou sal nooit kan skryf nie’, kon hom egter van stryk bring nie, en na sy deurbraak met die TV-reeks, Orion, in 1998, het Deon Meyer nooit weer teruggekyk nie.