Klipkouers Potgooi

Episode 149: Pieter Groenewald

Informações:

Sinopsis

Van Prieska tot Nfinity. Dit, in kort, is die Pieter Groenewald-storie. As kind het Groenewald se pa, wat ’n aantal besighede op Prieska besit en as die ‘Afrikaanse Jood’ op die dorp bekendgestaan het, ’n blywende indruk gelaat. Bykans ’n kwarteeu later, sou ’n oproep van ene Ken Varejes vir Groenewald se loopbaan ’n radikale hupstoot gee, en deesdae is hy landswyd bekend as HUB van die vooraanstaande Influencer Marketing Division by die Nfinity Media Group. Soos Groenewald verduidelik, dra konvensionele advertensiestrategieë nie meer dieselfde gewig nie, met aanlyn mondelinge-bemarking, verwysings en sosiale bewys wat deesdae reklame dryf. En, influencer marketing, oftewel beïnvloedersbemarking, staan aan die voorpunt hiervan!