Maroela-onderhoude
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 31:23:27
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Nadia oor ‘verkleurmannetjie-karakter’, liefde vir teater en Kaap
18/04/2024 Duración: 20min“Ek het met die tyd geleer om vir Sanet te verstaan. Ek sê altyd ʼn mens moet ʼn plek kry waar jy empatie het vir die karakter, en dit is wat ek nou in haar gevind het." Maroela Media
-
‘Musiek is taal van my hart,’ sê Retief Burger
17/04/2024 Duración: 16min“Ons is gemaak om te aanbid en terug te gee wat ons ontvang het. Solank Hy die middelpunt is en eer daarvoor kry.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Wat is jou gesin se denkwyse en ingesteldheid?
17/04/2024 Duración: 12minLourindi verduidelik wat jy as ouer moontlik kan verloor as jy ʼn ingesteldeheid van vrees as benadering tot jou gesinsfondasie volg. Maroela Media
-
Veilig met vuurwapens en kinders in die huis
15/04/2024 Duración: 07minIan Cameron en Heinke Hartdegen is albei ouers en voorstanders van wettige en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap. Hulle gee raad oor hoe om seker te maak jou kinders bly veilig as dit by vuurwapens in die huis kom. Maroela Media
-
Magé skryf klankbaan vir eie lewenspad
12/04/2024 Duración: 12min“Ek het ʼn dieper wete dat alles oukei gaan wees en ten goede gaan meewerk, solank ek net myself kan wees.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Wat is ons doel met dissipline?
11/04/2024 Duración: 11minMet Maroela Media se podsendingreeks wat fokus op ouerskap en gesonde gesinne, kuier Lourindi Nel oor die volgende paar weke in die ateljee om oor ouerskapskwessies te gesels. Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline is. Maroela Media
-
Moet jou vuurwapen saamry of tuisbly op vakansie?
11/04/2024 Duración: 16minAs jy in Suid-Afrika met ʼn vuurwapen wil reis, moet jy verseker dat jy die land se vuurwapenregulasies streng gehoorsaam. Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou. Maroela Media
-
Wêreldreisiger, musikant skryf Afrikaanse album op geboorteplaas
10/04/2024 Duración: 12min“Elke keer as ek by die huis is, neem ek ernstig die pen op en skryf aan die album. Ek wil hê die album moet die gees van my geboorteplaas vasvang.” Maroela Media
-
‘Seldsame siektes, wanvoeding loop hand aan hand’
10/04/2024 Duración: 23minAs kenner op die gebied van holistiese gesondheid, behandel dr. Stefan Schoeman gereeld pasiënte met seldsame siektes. Hy gesels oor dié onderwerp in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
-
Rooksein herontdek studentejare, eie klank
08/04/2024 Duración: 13min“Vandat ons begin het, kon ons die Here se hand daarin sien,” voeg Renier by. “Dit was nooit iets wat ons self moes druk nie; dit was iets waaraan ons gehoorsaam moes wees.” Maroela Media
-
Voeding die hartklop van jong kinders se gesondheid
04/04/2024 Duración: 11minDr. Stefan Schoeman gesels met Maroela Media oor die algehele hartgesondheid van kinders en hoe voeding ʼn rol in jong kinders se hartgesondheid speel. Maroela Media
-
Armand Barnard ‘jaag die son’ met sy musiek
03/04/2024 Duración: 09min“Maak nie saak of jy ʼn moeilike week gehad het nie, jy kan in jou bakkie klim en die son jaag see toe,” verduidelik Armand die boodskap van die liedjie. Maroela Media
-
‘Eerlike, diep’ Bobby neem weer pen op
02/04/2024 Duración: 10min“Ek het ‘Verlore seun’ reeds ʼn tydjie gelede al geskryf, maar ek is gemaan dat ek nie té eerlik en diep moet raak nie. Op die plek waar ek tans in my loopbaan is, gee ek nie meer so baie om nie.” Maroela Media
-
Verantwoordelike vuurwapeneienaarskap in die jagveld, teen probleemdiere
28/03/2024 Duración: 12minMaroela Media het met Ian Cameron en advokaat Henk Nolte gesels oor verantwoordelike vuurwapeneienaars en in vandag se aflewering fokus die manne juis op jagongelukke en probleemdiere. Maroela Media
-
Karlien Husselman vind die mens agter musiek
28/03/2024 Duración: 19min“In die tyd wat ek weg was uit die musiektoneel het ek depressie gehad weens trauma. Ek het na die Here geroep en Hy het my opgelig.” Maroela Media
-
Hoe gemaak as misdadigers slagoffer speel?
28/03/2024 Duración: 09minHoe maak ʼn vuurwapeneienaar as die misdadiger skielik slagoffer speel en 'n teenklag lê? Die teenmisdaadaktivis Ian Cameron en advokaat Henk Nolte, albei van Firearms Gaurdian, het dié teenklagte met Maroela Media bespreek. Maroela Media
-
Ongerepte wildernisse weer in Bonné se visier
28/03/2024 Duración: 23min“Ons ervaar kosbare oomblikke, wat snaaks en opwindend is, maar ons raak ook dieper en gee insig tot die menslike gees deur die natuurstories wat ons vertel.” Maroela Media
-
Kom gedenk Vervolgingsondag saam met Geopende Deure
28/03/2024 Duración: 17minEsté Meyer Jansen van Maroela Media het aanlyn met Elizabeth Botha van Geopende Deure oor Vervolgingsondag gesels. Elizabeth het verduidelik hoekom dit belangrik is dat almal bewus moet wees van die vervolging van Christene in ander wêrelddele en hoe hulle ondersteun kan word. Maroela Media
-
Slaap, die sleutel tot algehele gesondheid
28/03/2024 Duración: 11minKinders word nie om dowe neute al vir donkiejare vroeg bed toe gestuur nie. Dr. David Goncalves gesels met Maroela Media oor die belangrikheid van ʼn goeie slaappatroon vir ʼn kind se algehele gesondheid. Maroela Media
-
Jong Anzélle verower treffer vir treffer musiekharte
25/03/2024 Duración: 11minAnzélle sê haar musiekstyl en die manier waarop sy musiek skryf het intussen handomkeer verander. Maroela Media