Sinopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodios

  • Verander TikTok-onheiligheid na TikTok-veiligheid

    Verander TikTok-onheiligheid na TikTok-veiligheid

    21/10/2020 Duración: 16min

    Maroela Media het met Rianette Leibowitz, ʼn kuberveiligheidskenner en digitale ouerskapmentor, gesels oor hoe om dié gewilde video-app veilig te gebruik.

  • Martin Bester en sy vele talente

    Martin Bester en sy vele talente

    21/10/2020 Duración: 15min

    Party ken vir Martin Bester as ʼn radioman, ander het al sy musiek geluister en ander het hom dalk al op die kassie gesien. Op die een of ander manier kry hy dit reg om sommer ʼn handvol ysters op een slag in die vuur te hou.

  • Luister: Studenteprojek word volwaardige rolprent met ‘Die Parkie Storie’

    Luister: Studenteprojek word volwaardige rolprent met ‘Die Parkie Storie’

    21/10/2020 Duración: 14min

    Die Parkie Storie is nou op Showmax te sien.

  • Verskeidenheid van style, tale op Refentse se nuwe album

    Verskeidenheid van style, tale op Refentse se nuwe album

    16/10/2020 Duración: 07min

    Refentse Morake het pas sy jongste album, Wandel in my woning, bekendgestel waarop hy sy veelsydigheid as ʼn sanger ten toon stel.

  • Onderwys in gesprek: Dis wat gedoen word vir moedertaalonderrig

    Onderwys in gesprek: Dis wat gedoen word vir moedertaalonderrig

    13/10/2020 Duración: 14min

    Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum, gesels in hierdie aflewering van Onderwys in gesprek met Ernst van Zyl oor die belangrikheid van moedertaalonderrig.

  • Luister: Pietie Beyers oor sy rol in ʼn Afrikaanse ‘Karoo sci-fi’

    Luister: Pietie Beyers oor sy rol in ʼn Afrikaanse ‘Karoo sci-fi’

    12/10/2020 Duración: 17min

    “Dit is iets waarmee ons almal kan vereenselwig. Ek dink daar is baie verskillende stemme in die fliek. Daar is iets van alles en dit wys vir jou dat daar ʼn plek is vir almal.”

  • Jan Blohm: ‘Jenny’ speel soos ʼn ‘fliek in my kop af’

    Jan Blohm: ‘Jenny’ speel soos ʼn ‘fliek in my kop af’

    10/10/2020 Duración: 15min

    Met sy jongste album, Jenny, wou die musikant Jan Blohm ʼn storie vertel van ʼn jong, verliefde paartjie op De Aar in die Karoo – ʼn storie wat al langer as 15 jaar by hom spook.

  • Brandhout vir die oudag: ʼn Reisverhaal oor die karaktervolle Sloweense hoofstad

    Brandhout vir die oudag: ʼn Reisverhaal oor die karaktervolle Sloweense hoofstad

    09/10/2020 Duración: 02min

    In ons reeks, "Brandhout vir die oudag", kuier ons vandag saam met die toerleier, Marius du Plooy, in Slowenië se hoofstad Ljubljana.

  • Gedra deur gebed in Mianmar

    Gedra deur gebed in Mianmar

    08/10/2020 Duración: 08min

    Jan Gouws van Geopende Deure Suider-Afrika het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die onskatbare krag van gebed vir vervolgde Christene wêreldwyd. Gouws het ook die getuienis gedeel van hoe gebed ʼn verskil maak in ʼn Christenvrou se lewe in Mianmar. Luister die volledige onderhoud boaan hierdie berig.

  • Beplande kortfliekprojek werp lig op plaasaanvalle

    Beplande kortfliekprojek werp lig op plaasaanvalle

    24/09/2020 Duración: 06min

    Wat gebeur met die verwoesting wat in plaashuise gesaai is nadat ʼn boer, sy vrou of ʼn gesin op wreedaardige wyse aangeval of vermoor is? Hoe sal dit jóú raak as jy die toneel moet gaan skoonmaak? Dian Weys, Nicola Hanekom en Albert Pretorius gesels oor ‘Plaashuis’, ʼn beplande kortfliek oor plaasaanvalle. Luister ook hier hoe jy die projek kan ondersteun.

  • Brandhout vir die Oudag: ʼn Reisverhaal oor San Gimignano

    Brandhout vir die Oudag: ʼn Reisverhaal oor San Gimignano

    18/09/2020 Duración: 03min

    In die reeks Brandhout vir die Oudag vertel Marius du Plooy, ʼn radio-omroeper, TV-man en toerleier, van ’n klompie wonderlike ervarings wat hy en sy toerlede al die wêreld vol gehad het. Die eerste storie handel oor wat hy ervaar het in een van die pragtige Toskaanse dorpies toe hy en sy vrou net daar gesit het en die atmosfeer ingedrink het.

  • Annelise de Jager: ’n Vrou wat glo in die krag van welsynsorganisasies

    Annelise de Jager: ’n Vrou wat glo in die krag van welsynsorganisasies

    17/09/2020 Duración: 23min

    Annelise de Jager het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die wêreld van welsynorganisasies en waarom sy deesdae opleidingsgeleenthede vir mense in hierdie bedryf skep. Getrou aan Annelise se aard, deel sy ook ʼn hand vol hoop en wysheid oor moedhou, aanhou en uithou.

  • Onderwys in gesprek: Fokus op geletterdheid en waarde van lees

    Onderwys in gesprek: Fokus op geletterdheid en waarde van lees

    15/09/2020 Duración: 08min

    Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum, gesels in die jongste aflewering van Onderwys in gesprek juis oor die waarde van lees. Bloem het met Aneh van der Berg, departementshoof van Tale by Amberfield College, gepraat oor die belangrikheid van lees. Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur by Maroela Media, gee ook ʼn oorsig oor die afgelope maand se grootste onderwyskwessies.

  • Luister: Elandré gesels oor inperking, nuwe enkelsnit en toekomsbeplanning

    Luister: Elandré gesels oor inperking, nuwe enkelsnit en toekomsbeplanning

    11/09/2020 Duración: 15min

    “As jy ʼn kunstenaar vir langer as ʼn uur neersit sonder om vir hom iets te gee om te doen, dan gaan hy begin skryf, en dit is wat ek gedoen het.”

  • My kind sukkel met sy gehoor, taal en spraak – wat nou?

    My kind sukkel met sy gehoor, taal en spraak – wat nou?

    10/09/2020 Duración: 09min

    Tanya Barnard, ʼn oudioloog en spraakterapeut wat dienste aan die Meta-sentrum bied, het met Maroela Media gesels oor spraakterapie en oudiologie. Barnard gee ook raad oor hoe om jou kind se spraak en taal te ontwikkel.

  • Bennie Fourie en broers gaan op toer

    Bennie Fourie en broers gaan op toer

    10/09/2020 Duración: 05min

    Die loodsepisode van dié nuwe reeks is Donderdagaand op kykNET te sien.

  • Christene in Indië kom onder skoot te midde van pandemie

    Christene in Indië kom onder skoot te midde van pandemie

    08/09/2020 Duración: 08min

    Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die uitdagings wat Christene in Indië ervaar. Die land het tans die derde meeste gevalle van Covid-19 in die wêreld en die streng beperking het daartoe gelei dat die mees geïsoleerde en kwesbare Christene erge hongersnood in die gesig staar. Gouws verduidelik ook hoe jy hierdie Christene kan ondersteun.

  • Bekroonde rolprentmakers terug met nuwe natuurlewe-fliek

    Bekroonde rolprentmakers terug met nuwe natuurlewe-fliek

    04/09/2020 Duración: 11min

    Maroela Media — Die rolprentvervaardiger en aanbieder Bonné de Bod het met Maroela Media via Zoom gesels oor die dokumentêr "Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales" wat hierdie week op die Silwerskermfees uitgereik is. De Bod het verduidelik wat die kykers van haar en Susan Scott se jongste natuurrolprent kan verwag.

  • Luister: Kortverhaal-dramareeks uit akteur se pen eersdaags te hoor

    Luister: Kortverhaal-dramareeks uit akteur se pen eersdaags te hoor

    03/09/2020 Duración: 05min

    Maroela Media — “Daar is so baie akteurs wat meer vertroud wil raak met hierdie medium. Ons werk hier met die verbeelding as ʼn spier en as jy jou oë toemaak, is ons daar.”

  • Dowwe Dolla hou eerste en enigste aanlyn vertoning

    Dowwe Dolla hou eerste en enigste aanlyn vertoning

    28/08/2020 Duración: 09min

    Maroela Media — Margit Meyer Rödenbeck het vroeër vanjaar aangekondig dat haar alter ego, Dowwe Dolla, vanjaar sou aftree. Maar weens die Covid-19-pandemie het sy haar uittrede uitgestel na volgende jaar, sodat sy haar gehoor finaal in die oë kan kyk. Dowwe Dolla doen wel die eerste van haar finale vertonings vir die volgende paar dae aanlyn in die komediestuk Dowwe Dolla skree steeds Chesliiin!.

página 1 de 8

Informações: