Klipkouers Potgooi

Informações:

Sinopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodios

  • Episode 111: Martin Schoeman

    09/05/2019 Duración: 01h03min

    Jacques Basson — Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die ‘Wildteler van die Jaar 2018’ titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie voer, vir die wild wat hulle self teël. Jag hulle wild en verwerk die vleis in hulle eie slaghuis.

  • Episode 110: Dawie Swart

    12/04/2019 Duración: 56min

    Jacques Basson — Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd met kantore in Suid-Afrika en North Carolina. Hulle belê in eiendomme, hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer.

  • Episode 109: Morné Smit

    19/03/2019 Duración: 55min

    Jacques Basson — Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n Londen gebaseerde besigheid en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees.

  • Episode 108: Jannie Putter

    06/03/2019 Duración: 41min

    Jacques Basson — Jannie Putter is 'n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as 'n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die outeur van ses boeke.

  • Episode 107: Ben Liebenberg

    20/02/2019 Duración: 55min

    Jacques Basson — Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is trots om anders te wees en gemotiveerd om op ‘n konstante basis die standaarde te lig - vir hulself sowel as die industrie.

  • Episode 106: Louis Albertyn & Abie Kohn

    06/02/2019 Duración: 01h02min

    Jacques Basson — Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na 'n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker is.

  • Episode 105: Dr Cobus Oosthuizen

    23/01/2019 Duración: 01h08min

    Jacques Basson — Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr. Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op die besigheids- en korporatiewe sektore fokus en ‘n gróót, positiewe verskil maak!

  • Kersboodskap 2018

    12/12/2018 Duración: 17min

    Jacques Basson — 2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters - ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2019 toe!

  • Episode 102: Willem van der Merwe

    05/12/2018 Duración: 01h04min

    Jacques Basson — Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met 'n groot positiewe impak op vrugteplase en die omgewing.

  • Episode 101: Roelien von Molendorff

    28/11/2018 Duración: 01h09min

    Jacques Basson — Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte.

  • Episode 100: Jacques Basson

    21/11/2018 Duración: 33min

    Jacques Basson — Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies uit my verlede!

  • Episode 99: Arno Smit

    14/11/2018 Duración: 01h17min

    Jacques Basson — In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend.

  • Episode 98: Christine Geldart

    07/11/2018 Duración: 54min

    Jacques Basson — Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en reflektiewe band. Kom luister saam!

  • Episode 97: Jasper Cloete

    31/10/2018 Duración: 01h08min

    Jacques Basson — Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig kan word om die stigtings ouers van hulle multigenerasie welvaart plan te word. Kom luister saam soos hy ons meer vertel.

  • Episode 96: Ernest North

    24/10/2018 Duración: 01h04min

    Jacques Basson — Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer.

  • Episode 95: Hans Drommedaris

    17/10/2018 Duración: 53min

    Jacques Basson — Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein.

  • Episode 94: Ivan Herselman

    10/10/2018 Duración: 01h02min

    Jacques Basson — Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil.

  • Episode 93: Dr Dirk Koekemoer

    03/10/2018 Duración: 01h03min

    Jacques Basson — Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na sy storie.

  • Episode 92: BizSkills

    26/09/2018 Duración: 01h07min

    Jacques Basson — BizSkills fokus op bekostigbare deurlopende professionele ontwikkeling van opvoeders in Suid Afrika. Alle kursusse is geakkrediteer deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) en BizSkills ondersteun skole om jaarlikse CPD punte van opvoeders te bereik. Meer as 1,500 opvoeders het reeds baat gevind by die program. Kursusse sluit in skolebemarking, sosiale media, leierskap en bestuur, emosionele intelligensie, kommunikasie, tegnologie in die klaskamer, werk-lewe balans, konflikoplossing en vele meer. Eienaars Darryl Weir en Dr Reaan Immelman gesels meer hieroor.

  • Episode 91: Gideon Galloway

    19/09/2018 Duración: 01h34min

    Jacques Basson — Gideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou se storie inspireer.

página 7 de 15