Klipkouers Potgooi

Informações:

Sinopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodios

  • Mini-reeks Eps 5: Samesmeltings en Oornames

    16/09/2020 Duración: 21min

    Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit. Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word. Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer.

  • Episode 127: Theo Prinsloo

    14/08/2020 Duración: 56min

    Jacques Basson — Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van Guano Boost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. Guano Boost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo. Guano Boost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is.

  • Mini-reeks Eps 4: Afleggings en onderhandelingsprosedure

    24/07/2020 Duración: 19min

    Jacques Basson — Die COVID-19-pandemie het die arbeidsmark op sy kop gekeer, met die wankelrige ekonomie wat oral noodgedwonge afleggings tot gevolg het. Edward Coleman van Stratlaw regsadviseurs is ‘n kenner op die gebied van die arbeidswet, en bespreek ‘n aantal noodsaaklike aspekte rondom afleggings en die onderhandelingsprosedure wat gevolg behoort te word. Edward benadruk onder andere dat afleggings ‘n absolute laaste uitweg behoort te wees, en bespreek voorts die moontlike alternatiewe tot afleggings wat eers oorweeg moet word, asook die kriteria vir afleggings en voorskrifte t.o.v. afleggingspakkette.

  • Episode 126: Leonie Marques

    15/07/2020 Duración: 35min

    Jacques Basson — Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig. Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het. Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het. So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien.

  • Mini-reeks Eps 3: Nakoming van Vlak 3 Covid-19 regulasies in die werksplek

    04/06/2020 Duración: 20min

    Jacques Basson — Ek gesels met Sasha-Leigh Burggraaf van Stratlaw oor: - Wie mag of mag nie terugkeur werk toe nie. - Watter stappe moet geneem word deur werkgewers ten einde die werksplek voor te berei. - Wat moet die Moniteeringsbeampte doen. - Wat moet alles bevat word in die infaseerings plan vir werknemers. - Waar vind ondernemings uit hoe hulle beheermaatreels moet implementeer. - Watter stappe moet geneem word voor die nodige beheermatreels geimplementeer word. - Watter beheermaatreels kan geimplementeer word (4 kategorieë). - Hoe moet ondernemings die nodige beheermaatreels implementeer (groot en klein ondernemenings).

  • Episode 125: Sarel du Plessis

    21/05/2020 Duración: 01h30min

    Jacques Basson — Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf. Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19 pandemie, en hoe die mensdom weer anderkant uitgekom het. Sarel was onder andere besigheidsbestuurder van Business Day en verkope- en bemarkingsdirekteur van Times Newspapers. In die Media24-stal het hy die poste as onderskeidelik uitgewer en hoof-uitvoerende beampte van sowel die Sondagkoerant-afdeling, RCP Media, as News Media North, die uitgewers van Rapport, Beeld en Volksblad, beklee. Sarel was ook die stigter van Ads24 en algemene bestuurder van Groot FM (‘Die Groot Ontbyt), terwyl Rapport se uiters gewilde ‘Ons Sing Jou Taal’-reeks van CD’s sy breinkind was. Deesdae bedryf Sarel

  • Episode 124: Mike Bolhuis

    22/04/2020 Duración: 01h19min

    Jacques Basson — Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg. Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug. Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’. Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad. Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly. Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"!

  • Mini-reeks Eps 2 : UIF: COVID-19 -bystandsfonds

    20/04/2020 Duración: 12min

    Jacques Basson — UIF: COVID-19 -bystandsfonds aansoeke kan slegs gedoen word gedurende die "lockdown" periode. Ek gesels met Arno Jansen Van Vuuren van Stratlaw (https://stratlaw.co.za) oor: 1. Wie aansoek kan doen; 2. Waarvoor jy aansoek kan doen en; 3. Hoe jy aansoek kan doen

  • Episode 123: Meksikaanse Bier Gogga

    25/03/2020 Duración: 14min

    Jacques Basson — Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer

  • Episode 122: Isak Marais

    27/02/2020 Duración: 37min

    Jacques Basson — Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep. Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en is ook invoerders en verspreiders van meer as 150,000 industriële produkte. Die meet en voorspel van verbruikersgedrag is vir Marais van belang, asook die vermoë om waarde toe te voeg. Waardetoevoeging vereis ‘n omvattende paradigmaskuif van tradisionele baksteen-en-sement ondernemings na digitaal-gebaseerde platformbesighede, asook hope buigsaamheid. Marais is ‘n strateeg en visioenêre sakeleier wat kreatiwiteit in elke aspek van besigheidsgroei toepas. Soos sy bekroonde Bramhope International School of Innovation (BISI) geloods, wat studente produktief in die maatskappy oplei. Bramho

  • Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

    24/12/2019 Duración: 13min

    Jacques Basson — En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe!

  • Episode 121: Jacques Taylor

    08/11/2019 Duración: 41min

    Jacques Basson — Jacques Taylor is die besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se welvarende landboumark tot, uiteindelik, die bestuurstoel van John Deere in Boksburg.

  • Episode 120: Alishia van Deventer

    03/10/2019 Duración: 40min

    Jacques Basson — Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy.

  • Episode 119: Henk Pretorius

    11/09/2019 Duración: 29min

    Jacques Basson — Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek.

  • Episode 118: Hennie Ferreira

    24/08/2019 Duración: 29min

    Jacques Basson — Osidon is die wêreld se eerste digitale Rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die toekoms van boekhouding.

  • Episode 117: Annette Muller

    07/08/2019 Duración: 28min

    Jacques Basson — Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie.

  • Episode 116: Hannon Bothma

    24/07/2019 Duración: 26min

    Jacques Basson — Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses!

  • Episode 115: Pepe Marais

    11/07/2019 Duración: 27min

    Jacques Basson — Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur ‘n duidelike "purpose" te hê of wat hy noem “een woord” en nie deur winste na te jaag nie.

  • Episode 113: Omri Van Zyl

    12/06/2019 Duración: 24min

    Jacques Basson — Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man se broek nie.

  • Episode 112: ‘n Paar gedagtes van Jacques Basson

    29/05/2019 Duración: 16min

    Jacques Basson — Ek was bietjie “baie” stil die afgelope paar weke en wou net vinnig inloer en jou vertel waarmee ek besig bv. – hoe ek geld maak; – ‘n nuwe besigheid genaamd CommWealth; – ‘n Landbou Potgooi wat in wording is; – ‘n nuwe potgooi onderhoud struktuur en produksie proses; – help Hannon produkte aanlyn verkoop en; – ‘n paar Japanese wyshede vir ‘n ekstra huppel in jou knuppel!

página 6 de 15