Klipkouers Potgooi

Informações:

Sinopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodios

  • Episode 70: Ettiene Pretorius

    25/04/2018 Duración: 01h10min

    Jacques Basson — Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 69: Gareth Cliff

    18/04/2018 Duración: 59min

    Jacques Basson — Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

  • Episode 68: Die manne van EXAH

    12/04/2018 Duración: 01h14s

    Jacques Basson — EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit.

  • Episode 67: Theo Vorster Onderhoud 2

    09/04/2018 Duración: 32min

    Jacques Basson — TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg.

  • Episode 66: Portchie Viljoen

    28/03/2018 Duración: 56min

    Jacques Basson — Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk.

  • Episode 65: Klipkouers en CliffCentral

    28/03/2018 Duración: 12min

    Jacques Basson — Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is!

  • Episode 64: Jan-Hendrik Oosthuizen

    07/02/2018 Duración: 33min

    Jacques Basson — Jan-Hendrik Oosthuizen is die stigter en uitvoerende hoof van 'n kreatiewe agentskap genaamd Etiket, wat op 'n kreatiewe manier kompeteer in die advertensie industrie.

  • Episode 63: Sonja Smith

    16/01/2018 Duración: 37min

    Jacques Basson — Sonja Smith is die stigter van Sonja Smith Funeral Group wat al verskeie besigheidtoekennings verower het. ‘n Gereelde gas op radioprogramme soos RSG en Jacaranda, het sy vrou-alleen nuwe lewe in ‘n baie moeilike en persoonlike industrie ingeblaas.

  • Kersboodskap 2017

    23/12/2017 Duración: 12min

    Jacques Basson — Hoogtepunte van die Klipkouers Potgooi 2017. Hoop jy het 'n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2018!

  • Episode 62: Potgooi Pioniers

    07/12/2017 Duración: 02h22min

    Jacques Basson — Moet nie hierdie BAIE spesiale en unieke episode mis nie! Ek gesels met vier mede Afrikaner Potgooi’ers wat al langer as ‘n jaar hierdie ongelooflike digitale medium probeer tem. Ons gesels oor die goeie, slegte en natuurlik die Miljoen Rand vraag: “Hoe maak mens geld met ‘n potgooi?” Die manne wat kom speel het was Willim Welsyn en sy WAT POTGOOI (@willimwelsyn), Stix en sy GEVAAALIK POTGOOI (@gevaaalikdotcom), Dirk Scheepers en sy DS PROGRAM POTGOOI (@dsprogram) en Dewald Pelser en sy MisterBA POTGOOI (@dewaldpelser)

  • Episode 61: Theo Vorster

    09/10/2017 Duración: 34min

    Jacques Basson — Theo Vorster is uitvoerende hoof van Galileo Capital en TV aanbieder en spreker oor beleggings en politiek-ekonomiese vraagstukke.

  • Kom Hoor Waarmee Ek Besig Is

    23/09/2017 Duración: 11min

    Jacques Basson — Ek het met ‘n skok besef dat ek Augustus laas ‘n onderhoud gelaai het! Kom hoor waarmee ek besig was en hoe die pad vorentoe lyk. Laat die wiele rol.

  • Episode 60: Dr Kobus Neethling

    04/08/2017 Duración: 33min

    Jacques Basson — Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is.

  • Episode 59 (Deel 2): Brand Pretorius

    21/07/2017 Duración: 42min

    Jacques Basson — Hierdie week in deel 2 van my onderhoud met Brand Pretorius was dit fassinerend om meer te leer oor die motor industrie en die spesifieke uitdagings wat daar is.

  • Klipkouer Kragklont: Brand Pretorius Bonus Vraag 2

    19/07/2017 Duración: 02min

    Jacques Basson — Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat n voorsmakie is van my onderhoud met sekerlik die ikoon van Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, Brand Pretorius.

  • Episode 59 (Deel 1): Brand Pretorius

    14/07/2017 Duración: 35min

    Jacques Basson — Wat n voorreg was dit nie om met ’n Afrikaner gentleman en korporatiewe besigheids ikoon te kon gesels, naamlik, Brand Pretorius.

  • Klipkouer Kragklont: Brand Pretorius Bonus Vraag 1

    12/07/2017 Duración: 02min

    Jacques Basson — Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat n voorsmakie is van my onderhoud met sekerlik die ikoon van Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, Brand Pretorius.

  • KPS Episode 9: Frans Cronjé

    07/07/2017 Duración: 18min

    Jacques Basson — NB! Indien jy verlede week deel 2 van my onderhoud met Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

  • Episode 58 (Deel 2): Frans Cronjé

    30/06/2017 Duración: 27min

    Jacques Basson — Die Klipkouer met wie ek gesels is Frans Cronje, ’n baie suksesvolle film produsent wie se films internasionaal, tot dusvêr, meer as 400 miljoen kykers gelok het.

  • Klipkouer Kragklont: Frans Cronjé Bonus Vraag 2

    28/06/2017 Duración: 03min

    Jacques Basson — Tyd vir ‘n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met een van die bekendste en baie suksesvolle Afrikaanse filmmakers, Frans Cronje.

página 9 de 15