Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Cashbuild is positief oor SA se boutoekoms
09/02/2026 Duración: 09minWerner de Jager, uitvoerende hoof van Cashbuild, gesels oor Cashbuild se geskiedenis. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Reserwebank kyk na Europese koerse
09/02/2026 Duración: 06minKokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, gesels oor die Europese Sentrale Bank se plan om repo-lenings goedkoper en meer toeganklik te maak, terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank gretig is om dit te gebruik, en wat dit vir Suid-Afrika kan beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoër onderwys pas aan by ’n veranderende arbeidsmark
09/02/2026 Duración: 07minDr Mandi Joubert, uitvoerende hoof van akademie by Eduvos, verduidelik hoe Eduvos studente vir die arbeidsmark voorberei. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Mynbou moet fokus op die menslike sy van risiko
09/02/2026 Duración: 05minDie Mynbou-indaba het vandag in Kaapstad afgeskop. Jacques Botha, hoofkonsultant by dss+, woon die indaba by met ’n fokus op veiligheid en volhoubaarheid en gesels daaroor. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Foute by Nersa laat kragtariewe styg
09/02/2026 Duración: 07minAntoinette Slabbert, senior joernalis by Moneyweb, bespreek kragtariewe wat styg weens ’n fout by Nersa. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
JSE besluiteloos, maar rand en goud staan sterk
09/02/2026 Duración: 07minTheo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor wat vandag vir hom op die plaaslike beurs uitstaan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 9 Februarie 2026
09/02/2026 Duración: 47minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
06/02/2026 Duración: 21minJannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium en Dawie Klopper, welvaartbestuurder en beleggingsekonoom by PSG Wealth, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Selfs slim mense maak geldfoute
06/02/2026 Duración: 07minJaco Fouché, finansiële raadgewer by Jenwil BlueStar, gesels oor gedragsfinansies en die irrasionele keuses wat ons besluite vorm. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Glencore en Rio Tinto stem nie ooreen oor ‘n samesmelting nie
06/02/2026 Duración: 06minKobus Nell, portefeuljebestuurder by Stanlib, deel sy mening oor Glencore en Rio Tinto wat nie oor ’n samesmelting kon ooreenkom nie, en wat só ’n samestelling vir die bedryf kon beteken het. Volg RSG Geldsake op Twitter