Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Chinese motors verkoop soos soetkoek
24/02/2026 Duración: 07minHans Greyling, hoof van Omodo en Jaecoo Suid-Afrika, gesels oor hul groei in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die wyle Nic Georgiou se boedel finaal gesekwestreer
24/02/2026 Duración: 08minAdvokaat Louis Bolt gesels oor die wyle Nic Georgiou se boedel, wat finaal gesekwestreer is, en moontlike implikasies daarvan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Groot vaardigheidstekorte by SA waterrade
24/02/2026 Duración: 08minProf. Chris Roth, president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAICE), gesels oor die vaardigheidstekorte by Suid-Afrikaanse waterrade. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Sterker SA Ingelyf wys sy spiere
24/02/2026 Duración: 12minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, deel haar verwagtinge vir môre se begrotingsrede en bespreek onder meer Super Group se tussentydse resultate sowel as maatskappye wat nuwe 52-week hoogtepunte bereik het. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 23 Februarie 2026
23/02/2026 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
aQuellé is meer as net water
23/02/2026 Duración: 08minNico Bosman, besturende direkteur van aQuellé, gesels oor die geskiedenis van die maatskappy. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Moet SA Ethiopië se voorbeeld volg en die invoer van binnebrandenjins verbied?
23/02/2026 Duración: 08minJoubert Roux, medestigter van Zero Carbon Charge, gesels oor die Ethiopiese regering se verbod op die invoer van binnebrandenjins en of Suid-Afrika hierdie voorbeeld kan volg. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Sasol se wins val weens afskrywings, maar sy kontantvloei kook
23/02/2026 Duración: 10minSasol het vandag tussentydse resultate bekend gemaak. Die wesensverdienste het met 34% gedaal, en die groep het vir die eerste keer in vier jaar ’n positiewe vrye kontantvloei ervaar. Die uitvoerende hoof, Simon Baloyi, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Trump-tariewe: ’n Groot pizza in ’n tuimeldroër
23/02/2026 Duración: 08minAnneke Janse van Vuuren, bestuurder van data-oplossings by XA Global Trade Advisors, gesels oor die Amerikaanse hooggeregshof wat Donald Trump se tariewe as onwettig verklaar het en wat dit vir Suid-Afrika beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goeie begroting kan Suid-Afrika se gradering verbeter
23/02/2026 Duración: 13minTheo Vorster, medestigter van Galileo Capital, deel sy mening oor Donald Trump se tariewe wat as onwettig verklaar is, Spar se groot planne, en die vooruitsigte vir Suid-Afrika se kredietgradering. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
20/02/2026 Duración: 18minNico Matthee, welvaartbeplanner by Portfolium, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wees versigtig met jou ouers se geld
20/02/2026 Duración: 07minLouis van der Merwe, stigterslid van WealthUp, verduidelik hoe ekonomiese mishandeling van ouers kan lyk en hoe families dit kan voorkom. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat gaan die begroting vir jou beteken?
20/02/2026 Duración: 09minDie onafhanklike belastingkonsultant, Piet Nel, deel sy mening oor wat vanjaar se begroting vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers kan beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dischem is positief oor sy winste
20/02/2026 Duración: 10minNerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, gesels oor wat haar aandag in plaaslike en internasionale markte trek, Dis-Chem se aankondiging, die Hooggeregshof in Amerika wat Trump se tariewe onwettig verklaar het, en haar verwagtinge vir volgende week se begrotingsrede. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 20 Februarie 2026
20/02/2026 Duración: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markoorsig
19/02/2026 Duración: 07minDrikus Combrinck – uitvoerende hoof, Capicraft Investment Partners Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nuwe sonpaneelfabriek open sy deure in die Paarl
19/02/2026 Duración: 07minAndre Moolman – uitvoerende hoof, Ener-G-Africa Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dié Neil Diamond verteenwoordig SA in Amerika, en kwyt hom baie goed van sy taak
19/02/2026 Duración: 12minNeil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Transnet steeds ’n meulsteun om Kumba se nek, maar…
19/02/2026 Duración: 10minMpumi Zikalala – uitvoerende hoof, Kumba Iron Ore Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goud het nog nooit so mooi geblink nie
19/02/2026 Duración: 11minMike Fraser – uitvoerende hoof, Gold Fields Volg RSG Geldsake op Twitter