Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 19 Februarie 2026
19/02/2026 Duración: 48minRSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai. Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
“Direkteure se plig is teenoor die maatskappy – nie aandeelhouers nie”
18/02/2026 Duración: 13minAdv. Annamarie van der Merwe, uitvoerende voorsitter by FluidRock Governance, verduidelik hoekom sy glo Suid-Afrika dit nie kan bekostig om weer net op aandeelhouers se wins te fokus nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ongewilde aandele kan op die langtermyn beter waarde bied
18/02/2026 Duración: 11minPieter Koornhof, portefeuljebestuurder by Allan Gray, verduidelik hoekom dit belangrik is om weg van die skare te beweeg. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoë goudprys verdubbel DRD-wins, ten spyte van laer produksie
18/02/2026 Duración: 08minDRDGold het vandag tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Desember bekend gemaak. Die omset is 23% hoër en die wesensverdienste het verdubbel. Niël Pretorius, uitvoerende hoof van DRDGold, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nuwe OBK-fonds wil nuwe mynprojekte finansier
18/02/2026 Duración: 07minHeidi Sternberg, mynbousektorspesialis van die OBK, bespreek hulle nuwe fonds. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Woensdag is markdag
18/02/2026 Duración: 06minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek die wisselvalligheid in die markte, nuwe rekordhoogtepunte van plaaslike maatskappye en die inflasiekoers. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 18 Februarie 2026
18/02/2026 Duración: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die regering wil weer uitvoerkwotas vir renosters, luiperds en olifante instel
17/02/2026 Duración: 12minWillie Aucamp, minister van bosbou, visserye en die omgewing, gesels oor die regering se planne om weer uitvoerkwotas vir renosters, luiperds en olifante in te stel. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Daar is nie eksplorasie in SA nie, want regulasies maak dit heeltemal te duur
17/02/2026 Duración: 07minDie onafhanklike konsultant Robert Botha gesels oor sy navorsing oor die eksplorasiekrisis in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die Reserwebank wil die prima-uitleenkoers se nek omdraai
17/02/2026 Duración: 09minBafundi Maranoti, senior bestuurder van markbedrywighede en -analise by die Reserwebank, bespreek die Reserwebank se planne om die prima-uitleenkoers te verlaag. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Werkloosheid laer, maar bly hoog
17/02/2026 Duración: 14minChantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth & Investments, gesels oor die rand se beweging, eiendomsaandele, BHP se reuse-transaksie, en gerugte dat dele van ArcelorMittal gekoop gaan word.nts Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 17 Februarie 2026
17/02/2026 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
6G-tegnologie gaan jóú wêreld dramaties verander
16/02/2026 Duración: 06minPieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur van die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, gesels oor 6G-tegnologie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe kry jy (wettig) huurders uit jou eiendom wat nie betaal nie?
16/02/2026 Duración: 13minHenco Kruger – eiendomseienaar & Henk Cilliers – direkteur, Cilliers & Reynders Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Maak gereed vir die V&A Waterfront 2.0
16/02/2026 Duración: 08minEstienne de Klerk, uitvoerende hoof van Growthpoint, gesels oor die Granger Bay-projek by die V&A Waterfront. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
SA Staatseffekte verstewig tot hul beste vlakke in ’n dekade
16/02/2026 Duración: 12minDeon Kohlmeyer, spesialis by Rand Merchant Bank, gesels oor die stygende opbrengskoers op Suid-Afrika se staatseffekte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goeie seine vir die telekommunikasiebedryf
16/02/2026 Duración: 04minTheo Vorster, medestigter by Galileo Capital, bespreek Telkom en ander telekommunikasiemaatskappye se goeie prestasie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 16 Februarie 2026
16/02/2026 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
13/02/2026 Duración: 18minAndries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, en Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, beantwoord vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoekom is dr Danie Odendaal uit die Bek-en-klouseer-taakspan geskop?
13/02/2026 Duración: 15minDr Danie Odendaal, besturende direkteur van die Veearts Netwerk, verduidelik die redes waarom hy uit die Bek-en-klouseer-taakspan verwyder is. Volg RSG Geldsake op Twitter